Lizette Rabe het as tipiese "praktisyn-as-professor" haar joernalistieke loopbaan verruil vir een in die akademie. Ná twintig jaar in die joernalistiek is sy in 2001 aangestel as p...ver maisLizette Rabe het as tipiese "praktisyn-as-professor" haar joernalistieke loopbaan verruil vir een in die akademie. Ná twintig jaar in die joernalistiek is sy in 2001 aangestel as professor en departementshoof van Stellenbosch Universiteit se nagraadse Departement Joernalistiek. Sy het haar doktorsgraad in 1994 verwerf. Sy is outeur, medeouteur of samesteller van verskeie boeke, onder meer "Rykie: 'n lewe met woorde" (Tafelberg, 2011). Haar navorsingsbelangstellings is veral die mediageskiedenis en kultuurgeskiedenis. Sy was raadslid van SANEF en het opgetree as sameroeper en lid van verskeie joernalistieke beoordelaarspanele, onder meer vir Media24 en Vodacom. Rabe is 'n stigterslid van die Salzburg Global Seminar Academy, ontvanger van die Rektor se toekenning vir uitmuntende onderrig, en is in 2013 aangewys as een van die US se top 25 navorsers oor alle fakulteite.ver menos