Ingrid Winterbach (Lettie Viljoen) is ’n veel-bekroonde skrywer, o.a.: Karolina Ferreira: M-Net; Niggie: Hertzogprys; Die boek van toeval en toeverlaat: M-Net-prys, W.A. Hofmeyr-pr...ver maisIngrid Winterbach (Lettie Viljoen) is ’n veel-bekroonde skrywer, o.a.: Karolina Ferreira: M-Net; Niggie: Hertzogprys; Die boek van toeval en toeverlaat: M-Net-prys, W.A. Hofmeyr-prys, UJ-prys; Die benederyk: M-Net-prys. Winterbach is die enigste skrywer wat die M-Net prys reeds drie keer verower het. Niggie en Die boek van toeval en toeverlaat is ook in Nederlands uitgegee. Die Engelse uitgawes van albei hierdie romans (To hell with Cronjé en The Book of Happenstance) is ook in die VSA gepubliseer.
Haar jongste roman, Die aanspraak van lewende wesens, was die wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2012, en is ook in 2013 bekroon met die volgende pryse: Hertzogprys vir Prosa en die WA Hofmeyr-prys. Ingrid Winterbach is ook beeldende kunstenaar. Sy woon met haar man in die Stellenbosch-omgewing. Sy het twee dogters.ver menos