Ek is baie jare terug in die Paarl gebore en het ook daar skool gegaan. Weermag en n paar wye draaie volg tot ek uiteindelik ontdek dat ek met groente wil boer. Dit is nou na ek amper n jaar in Eur...ver maisEk is baie jare terug in die Paarl gebore en het ook daar skool gegaan. Weermag en n paar wye draaie volg tot ek uiteindelik ontdek dat ek met groente wil boer. Dit is nou na ek amper n jaar in Europa en Israel rond gekerjakker het.
Terug in Suid Afrika word ek na baie jare se klaas speel die baas van my eie plaas in Vioolsdrift. Daar was ek in staat om vir agtien jaar myself uit te leef in my boerdery en dan boonop die Richtersveld in my “agterplaas” te hé.
Na my Pa se ontydige afsterwe in 2014 verloor ek my mojo en verkoop die plaas drie jaar later om my droom uit te leef van, om deur Afrika te reis. My belangstellings is wyd en probeer ek my lewe ten volle leef.
Deur die jare was daar so een of twee dames wat die hartsnare getokkel het, maar soos n vriendin vir my sê,”jy is unpinnable” en “go for it.” Ek het een lewe en leef dit ten volle, hoekom nie en dan is ek boonop aan die verkeerde kant van vyftig, so daar is minder jare oor as wat verby is.
Ek is en was nog altyd n adventurer at heart. n Baie goeie pêl sé ek is one of a kind. Dis wie ek is en o ja ek het uit die bloute uit begin skryf....... Kan ek dit oorvertel!ver menos