TJ STRYDOM is 'n skrywer en sakejoernalis wat al vir Beeld, The Times en die nuusdiens Reuters gewerk het. Christo Wiese: Risiko en rykdom is sy eerste biografie, maar hy skryf ook fiksie onder sy ...ver maisTJ STRYDOM is 'n skrywer en sakejoernalis wat al vir Beeld, The Times en die nuusdiens Reuters gewerk het. Christo Wiese: Risiko en rykdom is sy eerste biografie, maar hy skryf ook fiksie onder sy bynaam, Wortel Strydom. Onder dieselfde naam het hy opgetree in die verhoogproduksies Retoer, Jammer, Ma en Geen kansvatters. Hy het vier van Jan Braai se resepteboeke vertaal. Hy hou van lees, fliek, reis, wyn, rugby kyk en braai. Sy gunstelingskrywer is Cormac McCarthy en hy is mal oor die TV-reeks The Simpsons. Hy is die eienaar van agt (ja, agt) Steinhoff-aandele en het verder geen direkte blootstelling aan enige Wiese-verwante maatskappye nie. Hy het in Pietermaritzburg grootgeword en op Stellenbosch studeer. Hy geniet vasvrakompetisies en as iemand ooit 'n biografie oor hom sou skryf, hoop hy hulle kan geen bewyse opspoor van sy katastrofiese verskyning in 2001 op die TV-program Who Wants to be a Millionaire? nie. Strydom is getroud en woon in Johannesburg.ver menos